Tuka Plaaskombuis

Drop me off Pick me up

Kom kuier inni Tuka Kombuis met 'n gesellige atmosfeer en eetplek binne en buite. Ideale plek vir besigheids vergaderinge asook om net met vriende lekker te kuier en smaaklike kos te geniet. Heerlike lekkernye te koop of om te geniet in ons oulike koffie winkel met n lekker koppie koffie of tee!

Kom begin jou oggend met een van ons ontbyte of maak 'n draai vir 'n lekker middag ete! As jy net 'n wegbreek kans nodig het sal ons vars-gebakte koeke en terte defnitief die ding doen!

Saterdae nooi ons julle om saam te kom braai vanaf 5nm tot laat, ons verskaf die vure, slaai, pap en sous en 'n plekkie om die vuurtjie vir almal. Bring net jou vleisie!